|
1. Kan julle ook vlugte reël vanaf Suid-Afrika na Europa? Ja,
ons kan jou vlugte bespreek en die kaartjies uitreik. Ons kan ook reëlings
tref om jou te vervoer van die punt waar jy arriveer tot by die beginpunt van
jou toer, sowel as addisionele akkommodasie. [top]
2. Moet 'n mens baie fiks wees vir 'n fiets - of
staptoer? Nee,
die meerderheid van ons pakkette is geskik vir diegene wat stap of fietsry vir
die pret. Die klem word gelê op ontspanning; daarom is slegs gemiddelde
fiksheid en gesondheid nodig. [top] 3.
Is die fietstoere geskik vir kinders? Die
meeste van die toere is geskik vir kinders. Spesiale sitplekke vir kinders en
kinderfietse is op beperkte skaal beskikbaar. Kinders ouer as ses jaar kan met
gemak die boot-en-fietstoer langs die Donou meemaak vanaf Passau na Wene. Vir
kinders ouer as nege jaar is die toer om die Bodensee, asook die Hollandse boot-en-
fietstoere ook binne bereik. [top]
4.
Wat is die aard van die akkommodasie?
Die keuse van akkommodasie word gedoen volgens die ligging en die dienste wat
gelewer word, en of dit 'n hotel of herberg is. Met sommige van die toere kan
ons verskeie kategorieë van akkommodasie aanbied. Al ons akkommodasie het
gewoonlik 'n baie spesiale atmosfeer wat tipies is van die betrokke land is. [top]
5. Is die toere begeleid of onbegeleid (individueel)? Die
meeste van die toere is individuele toere (onbegeleid), maar kliënte word
voorsien van pad- en roetekaarte met duidelike aanwysings en gedetaileerde inligting
aangaande die reisplan. Sommige van die toere het net spesifieke vertrekdatums
en word begelei deur 'n toerleier. Kontak ons gerus vir meer inligting.
[top]
6. Is dit moontlik om te verdwaal op die staptoere?
Staproetes
word gewoonlik duidelik aangedui deur verskillende kleure wat goed sigbaar is.
In sommige gevalle word nommers ook gebruik. Kliënte ontvang goeie kaarte
met duidelike roete aanwysings [top]
7. Wat gebeur in 'n noodgeval tydens 'n fietstoer? Die
meeste van die fietse het bande wat nie maklik pap word nie en is dus baie gerieflik
om mee te reis. Indien iemand wel 'n pap band kry kan hy dit self regmaak met
die gereedskap wat voorsien word, of ons plaaslike verteenwoordiger kan gekontak
word. Indien die fiets breek, is daar 'n 24 uur nooddiens beskikbaar. [top]
8. Word dit aanbeel dat jy jou fietstoer of staptoer
begin op dieselfde dag as wat jy arriveer in Europa? Nee,
ons bevel sterk aan dat ons kliënte ten minste een aand voor die begin van
die toer in die stad van aankoms oorbly. 'n Ander moontlikheid is om in die dorpie
waar die toer begin 'n ekstra aand oor te bly. Ons beveel ook aan dat jy 'n ekstra
aand aan die einde van jou toer bespreek. Ons kan hierdie reëlings vir jop
tref. [top] 9.
Sal daar baie verkeer op die paaie wees? Ons
probeer altyd om so ver as moontlik net gebruik te maak van paaie wat vry van
verkeer is. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik nie, maar as daar wel verkeer
is, is dit slegs vir 'n kort afstand. [top]
10. Watter tipe fietse word gebruik vir die fietstoere? Jou
fiets is die belangrikste toerusting om gemaklik en veilig te wees tydens 'n fietstoer.
Ons maak gebruik van uitstekende fietse van hoë kwaliteit wat wissel van
7 tot 21 spoed fietse wat beskik oor 'n kettingskerm. Om jou van die regte fietsraam
te voorsien, vra ons in die besprekingsvorm hoe lank jy is. [top]
11. Het ek spesiale versekering nodig?
Jy moet reisversekering uitneem. Die basiese versekering wat aangebied word saam
met kredietkaart transaksies is nie voldoende nie. Omvattende reisversekering
is ook nodig om aansoek te doen vir jou Schengen-visum. Ons kan jou in hierdie
geval van raad bedien en ook die versekering uitreik. |