|
Hoekom fiets-
en staptoere?
Dit is 'n wonderlike manier om die pragtige platteland te ervaar wat so dikwels
ongemerk by jou verbygaan as jy per motor of bus reis. Ons
stap- en fietsroetes neem jou langs riviere en mere, verby wingerde, woude en
eeue-oue kastele en deur middeleeuse dorpies en geskiedkundige stede. Langs
die pad kan jy vir 'n blaaskansie by koffiewinkels en biertuine stop. Jy kan wyne
van omgewing proe en die plaaslike kos geniet, museums en monumente besoek, of
sommer net met die inwoners gesels. Ons
toere laat jou toe om teen jou eie pas te reis en die program by jou eie unieke
belangstellings en behoeftes aan te pas. Hierdie is ook 'n ekonomiese
manier om Europa te ontdek. Wat
is die aard van die pakkette? Die
pakkette is tussen 4 en 8 dae lank. Die verblyf is in plaaslike gastehuise of
in klein 2 tot 4 ster hotelle. In sommige gevalle bly jy op 'n boot of selfs in
kastele! Die roetes word beplan oor kleiner fietspaadjies en lane, weg
van die hoof verkeersroetes. Ons reisplanne neem jou verby plase en deur welige
woude, langs romantiese riviere en deur prentjie-mooi dorpies. Jy sien nie net
die platteland nie, jy ervaar dit met al jou sintuie. Al ons toere is
"stap of fietsry sonder bagasie"-pakkette. Dit beteken dat jy jou dag
begin met 'n heilsame ontbyt wat deur jou vriendelike gasheer voorberei is, en
eindig met jou bagasie wat reeds by die volgende hotel afgelaai is. Jy is dus
vry om die dag ten volle te geniet. Wie
kan deelneem? Die
pakkette is spesiaal saamgestel vir paartjies of individue, gesinne met kinders
of klein groepies vriende. Om deel te neem hoef jy nie 'n drawwer, atleet of fietsry-entoesias
te wees nie - dié toere is bedoel vir almal!
|